Gereelde vrae:
​
Hoe lank vat dit om 'n ARK huis te bou?
​
Vir volledige huise, gewoonlik 4 tot 5 weke as al die materiaal beskikbaar is. Sit nog 2 weke by vir dubbelverdiepings.
Oprigting van ons store is baie vinnig en kan binne enkele dae gedoen word.
​
Word die huise enige plek in Suid-Afrika opgerig?
​
Dit is moontlik om 'n ARK huis enige plek in Suid-Afrika te bou. Vervoerkoste en beskikbaarheid van materiaal speel 'n belangrike rol en daar word in elke individuele geval gekyk na hierdie faktore. Ons ondersoek ook die koste en verkryging van materiaal so na as moontlik aan die perseel van oprigting.
​
Wat is die verskillende produkte wat julle lewer?
​
Ons lewer van store, gedeeltelik voltooide huise tot volledige huise.
Ons store bestaan uit die basiese raam en plate met voor en agterkante van dieselfde plaat. 'n Deur word aan die voorkant gebou met die plaat, of 'n deur van die kliënt se keuse (bv. enkel of dubbel garagedeur) word ingesit. Verder sluit dit die vloer in en "closers" wat dit winddig maak.
Die verskillende stadia van ons huise is: Dop, elektries, loodgieterswerk, dubbel isolering en "cladding", binnemure, verf, badkamer(s), kombuis en ingeboude kaste, vloerbedekking en gas installasie. Ons kliënte besluit self wat hulle wil hê en wat by hul kwotasie ingesluit word.
​
Watter kleure is beskikbaar?
​
Kliënte kan kies uit enige van die standaard kleure, onderhewig aan beskikbaarheid. Klik hieronder vir kleure.
​
​
​
​
​
​